Bakeiers op spinasie


Elke dag kyk ek hoe ek met dit wat ek in die huis het, eenvoudkos kan maak. Verby is die dae waar jy winkel toe gaan om alles wat jy dink, jy nodig, te koop.

Jy maak kos met dit wat ek het. 

In dié tyd van inperking leer ek weer, dat eenvoud in kos die beste en ook die lekkerste is. Oordaat is vir my ‘n sonde, terwyl daar soveel mense is wat soveel minder as ek het.

Spinasie

Braai uie en knoffel sag in ‘n kastrol. Gooi jou spinasie by en geur met neut, sout en witpeper. Roer plaasroom deur saam met feta as jy het.

Eiers

Sit ‘n stuk plaasbotter in die pan, wag tot die botter skuim maak. Breek die eiers in die pan. Plaas die deksel op so halfpad deur die bak en bak eiers tot die wit gaar is.

Skep die spinasie, met die bakeiers bo-op.

Gaan sit buite in die winterson. Geniet jou eie stilte en die feesmaal.

Swartkoffie is heerlik na die tyd en natuurlik om soos my pa te gaan skuinlê vir so ‘n halfuur, voor ek weer die tuin invaar en die groente versorg.

Liewe leser let wel dat ek baie eenvoudige resepte plaas, omdat baie mense baie min het in die spens. Skryf asseblief saam in kommentaar, op dié blog.

Published by niël stemmet

skrywer van 3 erfeniskos-storieboeke : sout+peper | agter+blad | bitter+soet. kopiereg voorbehou | concept and copyright protected : neil stemmet 2020

4 thoughts on “Bakeiers op spinasie

  1. Baie dankie vir die lekker stories saam met die kosse. Dit laat n mens baie vêr terugdink Groete Ina Jonker…..vroeër van Upington

    On Tue, 05 May 2020, 15:39 2020 – Nieu Bethesda soutenpeper’s blog deur Niël Stemmet, wrote:

    > niël stemmet posted: ” Elke dag kyk ek hoe ek met dit wat ek in die huis > het, eenvoudkos kan maak. Verby is die dae waar jy winkel toe gaan om alles > wat jy dink, jy nodig, te koop. Jy maak kos met dit wat ek het. In dié tyd > van inperking leer ek weer, dat eenvoud i” >

    1. Hello Wilhelmina, baie dankie vir jou boodskap, dit beteken so baie om te weet dat jy van my stories hou, groete vir die Grootrivier se mense as jy met hulle praat en mooiloop vir jou.

  2. Hello Marietjie, altyd lekker om van my niggie te hoor. Jy skryf soos jy praat – mooi. Ek wens ek kon jou Thai-kerrie proe. Ek gaan jou eiers in die spinasie maak, sommer in groot kolwyntjiepan. Nou dat ek hoenders het en ‘n groentetuin is enige nuwe idee welkom. Baie lievde, wens ek kan jou oë kyk.

  3. Hallo Niel

    Net gou paar nota’s.

    Ek het Thai kerrie in die wonder bag vir vanaand. Moes soveel vervangings insit omdat spensrak sommige van die gewone goed nie dadelik kon produseer nie. bv. klappermelk en –room. Sommer my eie weergawe gemaak.

    Jou spinasie. My gunsteling is om eers prei in die botter te braai. Dan kom spinasie daarop om gaar te stoom. Bietjie vars neut opsioneel daaroor gerasper. In die spinasie maak ek holtes / nessies waarin die eiers gebreek word. Strooi gerasperde kaas oor. Sit deksel op en laat alles verder gaar stoom.

    Groet van een grendel tot die ander.

    Marietjie Buhr

    0825100322

    Was hande

    Los jou gesig uit.

    Lag baie en uit jou maag

    Bly veilig en gesond.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: